Kondensmelk

 

500ml melk

250ml suiker

knippie sout

2ml vanilla geursel

 

Meng melk, suiker en sout oor matige hitte tot dit opgelos is en kook dan oor matige hitte tot dik soos kondensmelk.  Roer dit aanhoudend met `n houtlepel sodra dit dik word anders sal dit aanbrand.  Moenie die melk op die stadium te lank laat kook nie dit verdik vinniger as wat jy dink.  Verwyder van hitte en roer die geursel by en skep in flesse en bewaar in die yskas.