Gepreserveerde suurlemoene

 

8 ryp suurlemoene, goed gewas

125-200ml growwe sout

spwat 300ml suurlemoensap

 

Sterliseer twee 1lt flesse en skep so 15ml sout onder in elke fles.  Sny die suurlemoene in kwarte tot 1cm van die groeipunt af, nie regdeur nie.  Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante mildelik met sout.  Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen die vrugte.  Druk die suurlemoene af sodat die sap kan uitloop.  Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog lepels sout bo-op.  Maak toe en plaas in ‘n koel donker plek.  Keer die flesse elke paar dae onderstebo.  Sit die flesse na 4 weke in die yskas.  Na 6 weke behoort dit perfek te wees.  Dit sal tot 8 maande goed hou in die yskas.  Hierdie suurlemoene word in sop, bredies, slaai, gekookte aartappels en koeskoes gebruik.  Voorwaar baie lekker.