Appel en Grenadellakonfyt

 

500ml water

sap van 1 suurlemoen

1kg Granny Smith appels, geskil, stronke verwyder

5x 250ml suiker

125ml grenadellapulp

 

Meng die water en suurlemoensap in kastrol.  Sny die appels in stukke en voeg by die suurlemoenwater.  Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut tot die appels sag is.  Voeg die suiker by en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.  Voeg die grenadellapulp by en kook tot die sagtebalstadium.  Skep in flesse en maak toe.  Genoeg vir ongeveer 1 liter.