Songedroogde tamaties

 

Baie maklike reseppie hoe om geld te spaar en dit self te doen.  Die op die rake is vreeslik duur!

 

Tamaties wat baie ryp is.  Sny dit in skywe of gebruik die kersie tamaties en sny dit net middeldeur.  Pak dit op ‘n bakplaat met snykant na bo.  Strooi suiker en sout oor tamaties en plaas in die oond op 100 grade of in die lou oond.  Die tamaties moet nog soepel wees en nie droog nie na dit klaar uitgedroog is.  Plaas in ‘n gesteriliseerde bottel en maak bottel vol met olyfolie.  Plaas ‘n lourierblaar asook ‘n takkie roosmaryn daarin.  Jy kan ook ‘n paar huisies knoffel bysit vir ekstra smaak.