Kits-croissants

 

In 2001 het LMOV ge-ontplooi hier by ons en moes ek brunch aan hulle voorsien.  Hierdie was een van my resepte wat ek saam met die ontbyt opgedien het.  Kan ook by braaivleis voorgesit word.

 

900ml koekmeel

25ml bakpoeier

2ml sout

125g botter of margarine

600ml gerasperde kaas

300-325ml melk

1 eiergeel

 

Voorverhit oond na 200 grade en smeer bakplaat.  Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Vryf botter of margarine in tot dit soos mieliemeel lyk.   Voeg die kaas by en maak aan met 275ml tot 300ml van die melk aan tot deeg wat uitgerol kan word.  Verdeel die deeg in 4 ewe groot stukke.  Rol elke kwart dun op meelbestrooide deegplank uit in die vorm van sirkel met die deursnee van 20cm.  Sny die buiterand mooi rond en verdeel die sirkel in 8 ewe groot stukke.  Rol elke stuk van die buiterand af na die punt toe op.  Knak die rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas hulle ent uit mekaar op die bakplaat.  Klits die eiergeel en 25ml melk saam en bestryk die rolletjies met die mengsel.  Plaas die bakplaat met rolletjies hoog in die oond en bak hulle omtrent `n kwartier of tot goudbruin