Uiebrood

 

Volg die grondresep vir volkoringbrood maar voeg ook 10ml gedroogde uie en knoffel by.  Strooi ook gedroogde uie bo-oor deeg voor jy dit weer laat rys.

 

Grondresep vir volkoringbrood

 

1 koekie (20g) saamgeperste suurdeeg of 10g kitsgis(1 pakkie)

500ml sterk lou water

50ml heuning(10ml suiker kan as plaasvervanger dien)

60ml botter of margarine

10ml sout

750ml koekmeel

750ml volkoringmeel

1 eiergeel en 25ml melk, saamgeklits

bietjie sesamsaad om bo-oor te strooi (opsioneel)

 

Los die suurdeeg in die lou water op in `n groot warm mengbak.  Roer die heuning of suiker by.  Voeg die botter of margarine, sout, koekmeel en een derde van die volkoringmeel by.  Klits stadig tot alles gemeng is.  Klits dan 2 min vinnig.  Roer die oorblywende volkoringmeel met `n houtlepel by.  Bedek die deeg en laat rys tot dubbel die volume.  Roer die geryste deeg 30 keer om met die houtlepel.  Skep dit in 2 gesmeerde panne en smeer eiermelk bo-oor.  Bedek die deeg en laat rys op `n warm plek tot gelyk met panne.  Voorverhit die oond tot 190 grade en bak op middelste oondrak vir 35 tot 45 min tot gaar.  Keer uit op draadrak en laat afkoel.