Semelbrood

 

Volg die grondresep vir witbrood en verminder die koekmeel tot 5x 250ml.  Klits by die suurdeegmengsel.  Klop 50ml semels en 100ml koring saam met die oorblywende koekmeel.  Strooi semels oor die brood voor jy dit weer laat rys.

 

Grondresep vir witbrood

 

1 koekie saamgeperste suurdeeg of 10g kitsgis

550ml sterk lou water

50ml heuning (indien nie beskikbaar gebruik ek 10ml suiker)

60ml botter of margarine

10ml sout

6x 250ml koekmeel

1 eiergeel en 25ml melk, saamgeklits

 

Los die suurdeeg in die lou water op in `n groot warn mengbak.  Roer die heuning of suiker by.  Voeg die botter of margarine, sout en twee derdes van die koekmeel by.  Klits dit stadig totdat alles gemeng is.  Klits dan 2 min vinnig.  Roer die oorblywende koekmeel met die houtlepel by.  Bedek die deeg en laat dit sowat 45 min in `n warm plek rys tot dubbel die volume.  Wat goed werk om die deeg mooi te laat rys, moet jy dit in `n swartsak toemaak.  Roer die geryste deeg 30 keer met `n houtlepel om.  Skep dit in twee gesmeerde broodpanne.  Verf eiermelk bo-oor.  Bedek die deeg en laat dit weer in `n warm plek rys totdat dit gelyk met die rand van die panne is.  Voorverhit dan die oond tot 190 grade en bak dit 35 tot 45 min tot gaar op middelste oondrak.  Keer hulle op `n draadrak uit en laat afkoel.