Pieter se kaaskons

 

Pieter, `n kollega wat saam met my gewerk het, het hierdie maklike kaaskons resep vir my gegee nadat hy dit eendag vir `n funksie voorgesit het en ek dit daar geproe het.

 

1k meel

1k gerasperde kaas

1k melk

1 desertlepel bakpoeier

knippie sout

 

Meng alles saam. 

Skep in gesmeerde kolwyntjie panne en bak in vooraf verhitte oond by 180 grade vir 15 min.