Pierre en Nellie se botterbroodjies

 

Hierdie reseppie het ek by my goeie vriend Pierre gekry.  Nellie het altyd hierdie botterbroodjies vir hom gebak en dit dan vir hom vir lunch ingepak.  Sy kos was altyd in `n deurskynende kosblik en so het ons altyd gespot dat ons sy kosblik gaan steel as ons sien wat daarin was.  Hierdie reseppie is floploos, probeer dit gerus.

 

1k meel

2t bakpoeier

1eetl margarien

1 eier

knippie sout

Halwe koppie melk(kan ook vervang word met ongegeurde joghurt of suurroom)

 

Vryf botter in meel, bakpoeier,sout en bakpoeier in en meng met die melk om te bind.

Rol uit omtrent 1cm dik of klein bietjie dikker en druk uit.  Onthou om nie die deeg baie te hanteer nie.

Plaas op gesmeerde bakplaat en verf melk bo-oor.  Bak in vooraf verhitte oond by 180 grade tot gaar en bruin, om en by 10 tot 15 min.