Salome se growwe beskuit

 

Hierdie reseppie het ek by Salome, `n vriendin van my gekry.  Sy het vir my genoem dat as ek hierdie beskuit eers eenmaal gebak het ek nie maklik ander beskuit sal wil bak nie.  Ek wou haar nie glo nie maar het my woorde gesluk.  Ek plaas hierdie resep net soos ek dit by haar gekry het maar het ook my eie veranderings aangebring wat ek ook sal neerskryf.

 

5x 250ml koekmeel

500ml hawermout

3x 250ml nuttywheat

500ml suiker

500ml suurmelk (gewone melk, karringmelk en ongegeurde joghurt het ek al gebruik)

500g botter, nie margarine nie, baie belangrik (smaak net nie dieselfde nie)

10ml koeksoda       

50ml bakpoeier

10ml sout

 

Opsioneel

125ml sonneblomsaad

125ml klapper

125ml rosyne

125ml sesamsaad

(Verminder meel, hawermout en nuttywheat pro rata vir elke 125ml opsioneel)

 

Meng al die meel bestandele en vryf botter daarby in.  Ek rasper gewoonlik my botter dan is dit makliker hanteerbaar en meng goed ,druk in twee kleinkoekie plate of enige oondpan wat plat is.  Bak teen 180 grade vir 30 min.  Indien ek besluit om van die bestandele by opsioneel in te meng, verminder ek nie die meel, hawermout en nuttywheat nie, ek voeg dan net `n bietjie meer vloeistof by.  Ek het ook

al gevind dat die 500ml suurmelk partykeer bietjies te min is, dan gooi ek nog `n bietjie by.