Plaatkoekies of Wafels

 

Hierdie reseppie het ek  by Ma Bootha gekry en van vroeg af geleer om dit te maak terwyl ek nog op skool was.  My Pa is `n groot soettand en moes ek dit gereeld vir hom maak.

 

2k meel

halwe tl sout

3t bakpoeier

2 eiers

1 en `n driekwart k melk

4 eetl olie of gesmelte botter

 

Sif meel, sout en bakpoeier saam.

Klits melk en eiergele saam en voeg by.  Klop tot net gemeng.

Voeg olie by en klop tot glad.

Vou styfgeklitse eierwitte by en bak op warm plaat as plaatkoekies of in `n wafelpan. Al verandering wat ek aangebring het is om nie die eiers te skei nie.  Dit spaar tyd en het geen invloed op die smaak daarvan nie asook geen invloed op die tekstuur daarvan nie.

Bedien saam met stroop en room of roomys