Vetkoek

 

Hierdie resep is `n baie maklike resep en smaak baie lekker.

 

1kg (7 x 250ml.)koekmeel of witbroodmeel

10ml suiker

15ml sout

1 pakkie (10g) kitsgis

65g margarien

650ml tot680ml louwarm water

kookolie

 

Sif die meel, suiker en sout goed saam.  Voeg die kitsgis by en meng.  Vryf die margarien met die vingerpunte in.  Voeg die louwarm water bietjiesgewys by die meelmengsel en meng tot `n sagte deeg.  Voeg nog `n bietjie louwarm water of meel by,indien nodig.  Keer op `n meelbestrooide plank uit en knie sowat 10 min tot glad en elasties.  Plaas die deeg in `n bak wat liggies met olie gesmeer is.  Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg sowat 30 min rus.  Knie die deeg af.  Rol die deeg liggies sowat 10mm dik uit.  Druk ronde vetkoeke uit if sny met `n mes in vierkante.  Bak die vetkoeke in diep warm olie, eers aan die een kant en dan aan die ander kant.  Dreineer die vetkoeke op papierhandoeke en sit voor met soet of sout vulsels.  Lewer sowat 24 groot vetkoeke/

 

Wenk

Wanneer jy deeg knie en jy weet nie of jy dit al genoeg geknie het nie, kan jy die deeg omvou en met `n skerp mes sny.  Indien daar al fyn rysgaatjies sigbaar is is die deeg goed geknie.  Hierdie wenk het ek al vroeg in my lewe by Ma Bootha geleer!