Braaivleis Broodjie

 

1 vet franse brood

mayonnaise

knoffelbotter

gerasperde kaas

gebraaide uie, sampioene, spek en groenrissie

1 blikkie aspersies

foelie

 

Sny die franse brood aan die een kant byna heeltemal deur en hol hom bietjie uit.  Smeer die uitgeholde brood met knoffelbotter en mayonnaise.  Sit die gebraaide uie, sampioene, spek en groenrissie binne in die brood met die aspersies bo-op.  Meng die gerasperde kaas met `n koppie mayonnaise en sit dit bo-oor alles.  Maak die broodjie toe en draai hom in foelie toe.  Bak vir 20 minute by 180 grade.  Die geheim van die brood is die knoffelbotter, mayonnaise en kaas.  Die vulsel kan afgewissel word.