Pannekoek

 

Hierdie resep is floploos en ‘n staatmaker in my huis.

 

4k meel

4eiers

4t bakpoeier

1t sout

1k olie

60ml asyn

water om te meng

 

Klits eiers, 2k water, olie en asyn saam.  Meng meel, bakpoeier en sout saam met die vloeistof en meng tot ‘n loperige deeg.   Voeg meer water by as die deeg nog te dik is.   Bak in pan.  Sodra die pannekoeke gaar is smeer n lekseltjie botter op elkeen voordat jy die kaneelsuiker bo-oor strooi en oprol.