Stampkoringvetkoek

 

500ml koekmeel

10ml bakpoeier

5ml sout

500ml gaar stampkoring

2 eiers, geklits

150ml melk

15ml gesmelte botter

kookolie om in te braai

 

Sif die meel bestandele saam en voeg die stampkoring daarby.  Meng die eiers, melk en gesmelte botter en voeg by die meelbestandele.  Meng deeglik.  Skep lepelgrootte van jou keuse in verhitte olie en diepbraai tot gaar.  Dreineer op papierhandoek en sit voor met botter en heuning.  Enige konfyt daarby smaak ook lekker.