Franse brood met knoffel en kruie

 

1 lang franse brood

 

Knoffel en kruiebotter

Driekwart k botter

2 knoffelhuisies, fyngekap

3ml franse mosterd

30ml vars gekapte pietersielie

3ml varsgekapte tiemie

30ml fyngekapte uie

varsgemaalde swartpeper

 

Klop botter tot glad, voeg res van die bestandele by en meng goed.  Sny brood in dik snye sonder om dit deur die onderste kors te sny.  Smeer bottervulsel tussen die snye, draai brood toe in foelie en plaas 25min direk tussen die kole of bak in oond van 200 grade tot gesmelt en warm.