Bolletjiesbrood met soet ondertone

 

Hierdie reseppie het ek op Radio Jakaranda een oggend gehoor.  Regtig baie lekker!

 

1 pak brooddeeg

1k suiker

250g margarine

250ml room

 

Smelt botter en voeg suiker daarby en karamaliseer tot ligbruin.  Voeg die suikermengsel onder in ‘n gesmeerde bak en laat ‘n bietjie afkoel.  Knyp bolletjies van die deeg af en pak langs mekaar in die bak maar los ‘n spasie aan die kante om te kan rys.  Laat eenkant om te rys tot tweekeer die oorspronklike grootte.  Verhit intussen die oond tot 180 grade.  Wanneer die deeg klaar gerys het, gooi jy die room bo-oor en bak in oond tot gaar, omtrent ‘n halfuur tot ‘n driekwart uur.