Omelette

 

Klits 2 eiers per persoon in `n bakkie en voeg sout en peper na smaak.  Verhit pan en gooi `n klein bietjie olie daarin.  Gooi eiers in warm pan en bak tot gestol.  Voeg nou op die eenkant enige vulsel van jou keuse en vou die ander kant oor.  Plaas `n deksel op die pan vir een minuut en dien op.  Bogenoemde maak een omelet.

 

Vulsels

 

Enige iets kan as vulsel gebruik word bv kaas, bacon, maalvleis, kouevleis wat gebind is met witsous.