Boere ontbyt

 

Die volgende twee resepte het ek albei by my vriendin Salome gekry.  Wanneer jy `n bietjie meer moeite met ontbyt wil maak, is die resepte net die ding om te maak.  Ek glo altyd om `n goeie ontbyt voor te sit.

 

4x250ml gaar aartappel blokkies

125ml gekapte soetrissie

30ml gekapte ui

83ml kookolie

5ml sout

1,25ml peper

4 eiers

250ml kaasblokkies

 

Gebruik `n plat oondskottel en braai aartappel, rissie en die ui bruin in die warm olie.  Geur met sout en peper.  Maak 4 holtes in die mengsel met die agterkant van `n lepel en breek in elke holte `n eier.  Strooi die kaasblokkies oor en bak in die oond totdat die eiers gestol en die kaas gesmelt is.