Aartappelnessie

 

500ml kapokaartappels

4 eiers

sout en peper na smaak

250ml gerasperde kaas

Tamatie en bros slaaiblare

 

Skep die aartappels in `n vuurvaste bak met botter gesmeer.  Maak 4 holtes daarin.  Breek een een eier in elke nessie.  Strooi sout en peper oor en bak in `n warm oond tot eiers goed styf is. Die geel moet nie loperig wees nie.  Strooi kaas oor en plaas terug in oond totdat die kaas gesmelt is.  Bedien met tamatieskywe op slaaiblare.