Vleisrol verassing

 

Ook `n lekker reseppie wat jy vir `n ligte ete ook kan voorsit met `n slaaitjie!

 

8 snye witbrood, sonder korsies

aangemaakte mosterd

1 blik soutvleis

400ml melk

2 eiers

10ml worcestersous

sout en peper na smaak

200ml gerasperde kaas

 

Stel oond op 180 grade.  Smeer vier van die snye met mosterd.  Plaas in `n gesmeerde oondvaste bak.  Bedek met vleiskywe en plaas die ander vier snye bo-op.  Sny die toebroodjies een keer skuins oor in die helfte deur.  Klits melk en eiers saam en voeg al die geurmiddels by.  Giet vloeistof stadig oor die brood.  Strooi gerasperde kaas bo-oor.  Bak vir 40-45min tot goudbruin en gaar.