Vinnige eenbak ontbytgereg

 

30ml botter

250g spekrepies

250g uie geskil en ringetjies gesny

250g sampioene en skyfies gesny

700g  aartappels gekook en in blokkies gesny

125ml hoenderaftreksel

5ml salie(opsioneel)

sout en peper na smaak

4 ekstra groot eiers

12,5ml gekapte pietersielie(opsioneel)

 

Braai die spekvleis, uie en sampioene in die botter totdat uie sag is.  Voeg dan die aartappelblokkies by en soteer vir omtrent 1 min.  Maak ook vier holtes in mengsel en breek eiers daarin oop.  Plaas die deksel op en verlaag die hitte totdat die eiers gaar is.  Strooi pietersielie oor en dien op.