Eier en rysgebak

 

2 uie fyngekap

1 groen brandrissie ontpit en fyngekap

1 rooi brandrissie ontpit en fygekap

olie

4 tamaties, fyngekap

sout en peper na smaak

kruie na smaak

knippie suiker

750ml gaar rys

4 eiers

 

Voorverhit oond tot 180 grade.  Soteer die uie, rissies in olie tot sag.  Voeg die tamaties by en geur na smaak met sout en kruie en peper en ander geurmiddels.  Voeg suiker ook by.  Prut tamaties tot dit sag gekook het.  Voeg die gaar rys by en meng liggies.  Skep uit in `n plat gesmeerde bak en maak weereens 4 holtes daarin.  Breek `n eier in elke holte oop.  Bak ongeveer 20min lank of tot eiers gaar is.