Ham en Groente mini-quiche

 

Hierdie reseppie is baie veelsydig.  Jy kan dit as ‘n ontbyt of as ‘n klein middagete met ‘n klein gemengde slaaitjie bedien.  Jy kan dit ook opdien as ‘n snack by ‘n partytjie of funksie.

 

100g ham in klein blokkies gesny(kan ook vervang word met bacon, worsies enige gaar vleis ens)

1 rol blaardeeg, ontvries

125g groente van jou keuse

75g cheddarkaas, gerasper

150ml melk

5 eiers

sout en varsgemaalde swartpeper

 

Verhit oond tot 190 grade.  Spuit kolwyntjiepanne met 12 bakkies.  Rol die deeg af en druk ronde sirkels daaruit en plaas in die pannetjies om ‘n bakkie te vorm.  Verdeel die gaar groente, ham en die gerasperde kaas eweredig tussen die 12 blaardeegbakkies.  Klits die eiers en melk saam en skep lepelsvol oor die vulsel.  Bak vir 30min of tot gestol en goudbruin.