Japtrapete

 

3 groot geskilde aartappels

1 ui fyn gekap

1 groenrissie fyngekap

olie

500ml maalvleis

1 tamatie

2ml neutmuskaat

sout en peper

 

Kaassous

15ml margarine

250ml melk

15ml meel

250ml kaas gerasper

30ml sagte broodkrummels

 

Sny aartappels in 1cm skywe.  Ontvel tamatie en rasper.  Kook aartappelskywe tot sag en plaas in die bak.  Braai die olie, uie, rissie en voeg die maalvleis by.  Voeg die tamatie, geurmiddels, sout en peper by. Prut tot gaar en skep die aartappels oor.  Maak die witsous deur die margarien te smelt in die pot.  Voeg die meel daarby en roer en voeg dan die melk bietjie vir bietjie by terwyl jy vinnig en aanmekaar roer sodat dit nie klonte maak nie.  Voeg ‘n deel van die gerasperde kaas by die witsous.  Strooi dan bo-oor die gereg en die kaas en krummels bo-op.  Sit in die oond tot die kaas gesmelt het.