Charmaine se Rysslaai

 

1 Groen soet rissie

2 middel uie

4 Tamaties

1/2k olie

3/4k asyn

Sout en peper na smaak

 

Kook vir jouself so koppie tot koppie en half rys gaar. Sny die soetrissie in klein blokkies, so ook die tamaties. Kerf die uie soos wat jy dit verkies, ek hou van dit redelik fyn. Meng die olie en asyn met sout en peper deur die slaai. Plaas in die yskas om koud voor te sit.