Droëvrugteslaai (Heerlik)

 

1kg gemengde droëvrugte

100g gekapte neute

8 piesangs

 

Week die droëvrugte vir ongeveer 1 uur lank in koue water.  Kook die vrugte tot sag en laat afkoel.  Sny vrugte in stukke en pak `n laag vrugte, `n laag gesnyde piesangs, sous en neute totdat die bak vol is.  Plaas in koelkas voor bediening.

 

Sous

1 klein blikkie ingedampte melk (koud)

1 klein blikkie kondensmelk

sout en peper na smaak

125ml asyn

10ml mosterd

125ml olie

 

Klits ingedampte melk styf en vou kondensmelk in.  Meng asyn, olie, mosterd, sout en peper en vou in melkmengsel.  Laat staan om dik te word.