Tant Nannie se kerriewortelslaai

 

2 bossies wortels in ringe gesny

4k asyn

2 desertlepels mosterd

4 eetl stroop (opsioneel)

6 uie

4k suiker

4 eetl meelblom

2 desertlepels Kerrie

1 desertlepel borrie

 

Kook wortels nie te sag nie en dreineer.  Kook uie apart en dreineer.  Meng wortels en die uie.  Kook res van die bestandele goed en voeg wortel en uie mengsel by en roer goed.  Kook deur en bottle warm.  Baie lekker saam met braaivleis.