Rou Kerrie uie

 

Baie lekker saam met vleis of vis en hou lank in yskas.  Dit kan ook in kerriekos gebruik word.

 

2kg uie

400ml fyn appelkooskonfyt

400ml asyn

125ml suiker

7ml kerriepoeier

7ml borrie

5ml sout

 

Moenie die uie was nie maar verwyder slegs die buiteblare en vee die uie af met droë skoon lap.  Kerf die uie fyn en gooi in groot skottel.  Meng die konfyt, asyn, suiker, kerriepoeier, borrie en sout en gooi dit oor die uie.  Roer met houtlepel tot gemeng en gooi toe met skoon doek en laat oornag staan.  Roer die uiemengsel die volgende oggend weer goed.  Skep dit in skoon, droë flesse en bewaar in die yskas.