Kerrieperskeslaai

 

Ek het al hierdie slaai `n dag of twee voor die tyd gemaak, dit word net geuriger hoe langer dit staan.  Baie lekker saam met braaivleis of met `n roast of skaapboud.

 

1 groot ui gekap

25ml botter

125ml wit asyn

25ml witsuiker

25ml mielieblom

5ml kerriepoeier

5ml borrie

1 blik (825g) perskeskywe

 

Braai die ui in die smeer.  Meng die asyn, suiker, mielieblom, Kerrie en borrie deeglik.  Dreineer die perskeskywe en meng die kerriemengsel met die perskestroop en giet dit oor die ui en kook tot dik.  Proe aan die sous of jy nog meer smaakmiddels wil byvoeg.  Laat dit afkoel.  Snipper die perskes in `n slaaibak en giet die sous oor en meng liggies.  Lewer 6 tot 8 porsies