Glippertjies

 

Hierdie reseppie is geskik vir groot onthale en kan taamlik lank in `n yskas bewaar word.

 

1 pak (500g) rysnoedels

1 blik (410g) perskeskywe

125ml mayonnaise

25ml matige kerriepoeier

100g cheddarkaas in blokkies gesny

1 ui fyn gekap

250ml gebleikte sultanas

 

Kook die noedels in kokende soutwater net tot sag.  Spoel dit onder lopende koue water af en laat goed dreineer.  Dreineer die perskeskywe en sny kleiner.  Meng die perskestroop met die mayonnaise en kerrie.  Meng die noedels, perskes, kaas, ui, soetrissie, sultanas en kerriesous liggies.  Verkoel dit goed voor opdiening.  Lewer 6 tot 8 porsies.