Gekookte uiesnippers

 

Hierdie slaai word al hoe lekkerder hoe langer dit staan.

 

1 kg uie fyn gesny

250ml water

250ml asyn

250ml witsuiker

12,5ml mosterdpoeier

2 eiers

12,5ml mielieblom

 

Kook die uie gewoonweg in soutwater tot sag, maar nie pap nie.  Laat dit goed dreineer en skep dit in `n slaaibak en hou eenkant.  Meng die water, asyn, suiker en mosterd in `n middelslag kastrol.  Voeg die eiers by en klits die mengsel vinnig en aanhoudend oor matige hitte totdat dit wil kook, die sous moet baie goed geklits word sodat daar nie bo-op `n wit skuim lagie vorm nie!  Maak die mielieblom met `n bietjie koue water aan en klits by die sous.  Laat dit deurkook en giet die sous oor die uiesnippers en laat dit afkoel.  Lewer 6 tot 8 porsies.