Vars ertjieslaai

 

Moenie dat hierdie slaai jou verneuk nie oor die min bestandele daarin nie.  Baie lekker!

 

1 klein pak gevriesde ertjies

1 klein slaaikop

1 groot bottel miracle whip of nola whip

 

Was slaai af en breek in klein stukkies onder in `n glasbak.  Gooi gevriesde ertjies in `n vergieter en spoel af onder `n koue kraan sodat al die ys afspoel.  Gooi bo-op die

Slaai `n laag nolawhip of miracle whip.  Gooi al die ertjies bo-op die slaai en nola whip en voeg die res van die whip bo-op.  Rasper `n bietjie kaas en gooi bo-oor vir versiering .