Wortelvorm

 

Baie lekker veral as jy in `n plek soos Ellisras bly!

 

440g blik fyngemaakte pynappel

80g pakkie suurlemoenjellie

125ml witsuiker

1ml sout

500ml fyn gerasperde geelwortels

125ml room

wortelrepies, pynappelstukkies en pietersielie vir garnering

 

Dreineer die pynappel en vul die sap met water aan tot 250ml.  Verhit tot kookpunt en los die jelliepoeier daarin op.  Laat dit afkoel tot dik, maar nie styf gestol nie.  Klits die dik jellie tot romerig.  Klits die suiker bietjies bietjies by en dan die sout.  Meng die pynappels en wortels en vou dit liggies by die jellie in.  Klits die room tot styf en vou dit ook by die mengsel in.  Spoel `n middelslag slaaivorm met koue water uit en gooi slaaimengsel daarin en plaas in yskas om te stol.  Ontvorm en gooi uit op `n bord.  Hou dit in die yskas tot net voor gebruik.