Avokadovorm

 

80g pakkie suurlemoenjellie

125ml kookwater

250ml avokadomoes

125ml mayonnaise

1 uitjie grof gerasper

paar druppels groen voedselkleursel

 

Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat dit effens afkoel.  Meng die avokado, mayonnaise en ui en roer die jellie by.  Kleur dit effens groener indien jy dit verkies.  Bespuit die slaaivorm met spray en cook en giet die avokadomengsel daarin en plaas in die yskas tot gestol.  Ontvorm die slaai net voor opdiening op `n mooi slaaibord en garneer soos jy verkies.  Jy kan selfs as jy `n ringvorm gebruik ander slaai binne in die ring opdien saam met jou avokadovorm.