Komkommervorm

 

Baie lekker in die warm somersmaande!

 

2 middelslag komkommers

1 pakkie (80g) pynappeljellie

250ml kookwater

175ml pynappeljoghurt

stukkies pynappel vir garnering indien verkies

 

Skil en rasper die komkommers grof.  Laat dit in die vergiettes goed dreineer.  Maak die jelliepoeier met die kookwater aan en laat afkoel tot dit dik is en net-net wil stol.  Klits dit dan tot skuimerig.  Vou eers die joghurt en dan die komkommers liggies daarin.  Giet die mengsel in `n slaaivorm wat met spray en cook gespuit is en laat stol in die yskas.  Ontvorm die slaai op `n mooi slaaibord en garneer soos jy verkies.