Warm aartappelslaai

 

6 groot aartappels

250g ontbytspek, gesnipper

125ml olie

2 uie gekap

125ml blatjang

125ml asyn

15ml mielieblom      

250ml melk

 

Kook die aartappels in die skil in soutwater tot gaar.  Trek die skille af en sny die aartappels in blokkies en hou warm.  Braai spek in 25ml van die olie tot gaar en skep by die aartappels in.  Soteer die uie in dieselfde pan in die uitgebraaide vet van die spek en voeg nog oorblywende 100ml olie, blatjang en asyn by en kook ongeveer 2 minute oor matige hitte sonder deksel.  Meng die mielieblom en melk en giet dit stadig by die uiemengsel terwyl jy vinnig roer.  Roerkook die uiesous 2 min.  Voeg die sous oor die aartappels en spek by en meng liggies.  Hou die slaai louwarm totdat dit opgedien word.