Warm Rysslaai

 

Baie lekker saam met skaapboud of roast!

 

250ml rou rys

250g pak ontbytspek gesnipper

2 uie gekap

10ml olie

sout en peper na smaak

1 pak sampioene skyfies gesny

 

Kook die rys gewoonweg in soutwater tot gaar en hou eenkant warm.  Braai die spek en uie  en sampioene in die olie tot mooi bruin.  Meng die rys, spekmengsel liggies.  Geur met sout en peper en sit dit warm voor.