Outydse sousboontjies

 

Hierdie is my man Beyers en my sus Thea se gunsteling.  Niks bly oor om te mors nie!

 

250ml suikerboontjies

25ml suiker

50ml asyn

5ml sout

2ml peper

25ml botter

 

Was die boontjies en week oornag.  Dreineer en kook in vars water tot sag.  Voeg die ander bestandele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het.  Die gereg moet souserig wees.  Die sous kan met `n bietjie mielieblom verdik word indien te waterig.