Thea se groenslaai

 

Hierdie resep het ek by my sus Thea gekry.  Dit moet `n dag voor die tyd gemaak word en is uitstekend wanneer jy wil moeite doen vir een of ander geleentheid.

 

1 sak gevriesde ertjies

2 slaaikoppe fyn gekerf

2 greenpeppers fyn gekerf

8 wortels geskil en fyn gerasper

2 uie fyn gekap

 

Plaas heel eerste gekerfde greenpeppers en uie in `n glasbak.  Gooi gekerfde slaai bo-op uiemengsel.  Voer rand van glasbak uit met fyn gerasperde wortels.  Gooi gevriesde ertjies binne in die holte.  Skep een groot bottle miracle whip of nola whip bo-op ertjies.  Strooi gerasperde kaas bo-oor vir versiering.  Maak bak toe en plaas in die yskas tot die volgende dag.