Gemarineerde ertjieslaai

 

`n Baie handige reseppie wat jy kan gebruik vir onthaal omdat jy dit `n dag of twee voor die tyd kan maak en laat marineer soos benodig.  Gebruik `n rooi rissie wanneer dit in seisoen is want dit lyk baie mooi saam met die ander bestandele.

 

1 middelslag soetrissie

1 middelslag ui

1 groot selderystingel

500ml bevrore groenboontjies

500ml bevrore groenertjies

125ml wit asyn

200ml witsuiker

75ml olie

2ml sout

 

Halveer en ontpit en sny die soetrissiehelftes in repies.  Skil en kap die ui fyn.  Snipper die seldery fyn.  Plaas die bevrore ertjies en boontjies, soetrissie en ui in `n diep 2 liter bak.  Bedek en mikrogolf dit 5 minute by 100% krag en roer dit na die eerste 2 en `n halwe minuut.  Hou groente eenkant tot benodig.  Mikrogolf die wit asyn, witsuiker, olie en sout ongeveer 2 en `n halwe minuut by 100% krag tot kookpunt in `n diep bakkie.  Roer dit een en twee keer tydens die mikrogolftyd .  Roer die seldery by die groentemengsel.  Giet die warm marinade oor en meng.  Laat die slaai afkoel en dan oornag in die yskas marineer.  Dreineer die slaai voor gebruik.