Groenslaai met mosterdslaaisous

 

Sous

90ml olyfolie

45ml witasyn

15ml Dijon of heelkorrelmosterd

15ml bruinsuiker

sout en peper na smaak

 

Slaai

180g groenbone grof gekap

180g vars ertjies, uitgedop

1 groen soetrissie, grof gesny

5 jong murgpampoentjies, dun gesny

30ml olyfolie

sout en peper na smaak

30ml gekapte suurlemoentiemie

150g fetakaas, gekrummel

 

Sous:  Klits die olie, asyn, mosterd en bruinsuiker goed saam en geur met sout en peper.

Slaai:  Kook die bone en ertjies 2-3 min in kookwater tot net sag.  Dreineer en verfris onder koue water.  Voeg die soetrissie by en meng liggies.  Roerbraai die murgpampoentjies in die olie tot net sag en roer by boontjiemengsel in.  Geur met sout en peper en voeg tiemie by,  Roer die fetakaas en slaaisous in plaas minstens 1uur in die yskas voor gebruik.  Genoeg vir 7-8 mense.