Broodslaai

 

Sny brood in 1 en half cm blokkies en braai in diepolie ‘n dag voor dit benodig word.  Los oop of  plaas in vrieskas tot die volgende dag.

 

Sous

4 eiers

375ml suiker

7ml mosterd

250ml witasyn

sout en peper

250ml kaasblokkies

 

Klits alles saam vir 5 min.  Kook vinnig en roer gedurig.  Wanneer afgekoel en halfuur voor opdiening voeg 125ml vars room en 125ml mayonnaise by.  Meng brood en kaasblokkies.  Gooi sous oor net voor opdiening en meng deur.