Noedelslaai

 

Hierdie reseppie het ek by my Sus van PE gekry toe hulle hier by ons kom kuier het.  Regtig baie lekker.  Hoe langer hy staan hoe lekkerder word die Kerrie in die resep.

 

1 pak noedels

halwe k kookolie

halwe k tamatiesous

1eetl sterk Kerrie

halwe k suiker

kwart k asyn

1 groot ui fyn gesny

1 medium greenpepper fyn gesny

 

Kook die noedels tot net gaar en nie pap nie.  Meng die res van die sous bestandele tot goed gemeng en meng alles saam.