Pienk Noedelslaai (Elize de Vaal)

 

Baie lekker, veral saam met braaivleis.

 

1 pak kleinerige gaar noedels

blokkies kaas

1 klein ui, fyn gekap

green pepper en salami(opsioneel)

 

Sous

100ml suiker

125ml asyn

125ml kookolie

250ml all gold tamatiesous

25ml Kerrie

 

Kook sous bestandele saam tot suiker opgelos is en tot dit begin dik word.  Laat afkoel en meng by 125ml mayonnaise daarby.  Gooi sous oor bogenoemde slaai bestandele en meng deur.  Hierdie slaai kan tot ‘n week voor die tyd gemaak word.