Avokado en sampioenslaai

 

Slaaisous

75ml olyf of sonneblomolie

25ml wit asyn

15ml gekapte pietersielie

1 knoffelhuisie gekneus

5ml sout

vars gemaalde swartpeper

sap van 1 suurlemoen

 

Slaaimengsel

2 ryp avokado’s

300g vars wit sampioene

pietersielie vir garnering

 

Meng die bestandele vir die slaaisous in ‘n flessie, skud dit af en toe en verkoel goed.

Skil en sny die avokado’s in skyfies.  Vee die sampioene met ‘n klam lap af en sny dit in dun skyfies.  Plaas die avokado en sampioenskyfies in lae in ‘n bak.  Giet die slaaisous oor en laat dit ‘n uur lank marineer.  Garneer met pietersielie net voor opdiening.  Lewer 6 tot 8 porsies.