Koejawelslaai

 

1,5kg (14 groterige) koejawels, styf en sonder kneusplekke

500g(5 middelslag) uie

250ml witsuiker

125ml asyn

25ml sout

25ml matige kerriepoeier

2ml gemaalde naeltjies

 

Sny die koejawels en uie in klein blokkies.  Voeg die res van die bestandele by en roer dit goed deur.  Bedek en laat die slaai 3 dae in die koelkas marineer voor gebruik.  Roer dit elke dag goed deur.  Lewer 12 of meer porsies.