Romerige aartappelsslaai

 

4 groot aartappels, geskil

4 chorizo worsies of enige gaar wors van jou keuse

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

250ml room of suurroom

handvol grasuie, gekap

 

Kook aartappels tot sag,  Sny die wors in skywe en braai saam met die soetrissie tot gaar.  Sny die aartappels in 3mm skywe en voeg dit by die worsmengsel.  Giet die room by en roer baie versigtig tot die aartappels die room geabsorbeer het en regdeur warm is.Garneer met gekapte grasuie.