Hartjie my liefiepastei
Baie lekker! Ek het dit al gemaak vir Valentynsdag!
Vulsel 1 groot ui gekap 1 middelslag soetrissie, ontpit en gekap 60ml botter of margarien 125ml koekmeel 1 blik hoenderroomsop(405g) 300ml melk 500ml gaar fyn hoendervleis 15ml suurlemoensap sout en peper na smaak
Skonharte 450ml koekmeel 15ml bakpoeier 2ml sout 60ml koue botter of margarien 125ml gerasperde kaas 175ml melk 1 eiergeel met 25ml melk gemeng
Braai die ui en soetrissie tot sag in botter. Strooi die koekmeel oor en roer tot gemeng. Voeg die hoenderroomsop en melk by, verhit oor matige hitte tot kookpunt en roer aanhoudend. Voeg die hoendervleis , suurlemoensap, sout en peper by en meng. Smeer oondvaste bak en gooi vulsel daarin. Voorverhit die oond tot 220 grade. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter of margarien met vingers in tot goed gemeng. Voeg die kaas by en meng. Voeg die melk by en sny dit in met `n slaplemmes tot hanteerbare deeg. Plaas deeg op meelbestrooide meelplank en druk dit liggies platter tot so 2cm. Druk hartjies uit of sny uit en rangskik bo-op vulsel. Verf eiermelk oor skons en bak pastei 15min op die middelste oondrak. Verminder die hitte tot 200 grade en bak verdere 5min tot 10min tot goudbruin. Sit dit warm voor. |