Smaaklike ribbetjies

 

300ml bier

30ml worcestersous

30ml aangemaakte mosterd

30ml sagte bruin suiker

2ml tabascosous

1 uitjie fyn gekap

1,5kg vark of skaapribbetjie

sout en peper na smaak

 

Meng die bier, worcestersous, mosterd, suiker, tabascosous en uitjie goed saam.  Pak die ribbetjie in `n diep houer en gooi die marinade daaroor en laat marineer vir 2-3 uur lank.  Draai af en toe om.  Sit die ribbetjie in `n oondpan en gooi marinade oor en maak toe met deksel en bak tot gaar in middelmatige oond.  Strooi sout en peper oor nadat dit gaar is en laat staan nog 10 minute voor opdiening.